Florries se Caitlin wen groot
Sy stap weg met 'n kontantprys en 'n musiekvideopakket
Die Florrie Idols wat tydens Hoërskool Florida se jaarlikse Jok-fees plaasgevind het, was weereens ‘n groot sukses.
Daar was 14 deelnemers en die volgende leerders het in die top drie geëindig:
• Nicole le Roux (derde plek)
• Kristi Lambrecht (tweede plek)
• Caitlin Oelofse (wenner)
Caitlin het ‘n kontantprys van R2 100, sowel as ‘n foto- en musiekvideopakket ontvang wat deur Spectacular Events geborg is.
“Baie geluk aan elkeen wat deelgeneem het, julle was fantasties,” het Morné Hanekom, die skool se bemarkingsbeampte gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



