Editor's choiceNewsSchools

Roodies stel nuwe adjunkhoof aan

Pos is vir Irene 'n geleentheid om 'n verskil te kan maak

 

“Ek was baie opgewonde, en ook gemotiveerd, toe ek gehoor het dat ek as die nuwe adjunkhoof van Hoërskool Roodepoort aangestel is,” het Irene Burger, 46, gesê.

Irene het aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (nou Universiteit van Johannesburg) gestudeer, en het reeds ‘n BEd-, BAHons- en MA- (GGF en Omgewingsbestuur) graad verwerf. Sy het ook vir die Suid-Afrikaanse Universiteitespan tennis gespeel.

Sy hou die afgelope 19 jaar skool, met ‘n onderbreking van vier jaar om haar twee kinders, Tertius en Karien groot te maak. “My onderwysloopbaan het in 1997 by Hoërskool Roodepoort begin. Ek het ook vir agt jaar by Allen Glen High School skoolgehou, waar ek vir ses jaar die Departementshoof: Geesteswetenskappe was. Met my terugkeer tot die onderwys het ek weer by Allen Glen as Departementshoof ingeval, tot my huidige aanstelling as Hoërskool Roodepoort se adjunkhoof,” het sy vertel.

Haar aanstelling het op 1 Mei vanjaar amptelik in werking getree, en sy het gesê dat die pos vir haar ‘n groot geleentheid is om ‘n verskil in die ontwikkeling van leerders, die gemeenskap en ook die personeel te maak. “Ek glo dat ek ‘n baie groot bydrae tot onderwysbestuur kan maak,” het Irene gesê.

Irene glo dat alhoewel die hedendaagse samelewing taamlik uitdagend is, verandering noodsaaklik is. “Die grootste verandering moet in die leerders se uitkyk op die toekoms wees. Die negatiewe sieninge rondom ongemotiveerde leerders moet ernstig aandag kry,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat dit sonder die ouers en gemeenskap se hulp en samewerking onmoontlik sal wees om die gemeenskap op te hef en ‘n aan ‘n positiewe toekoms te werk.

“Sonder hul hulp en ondersteuning sal dit vir ons onmoontlik wees om die regte impak op die leerders te hê, en te verseker dat hulle ‘n blink toekoms het om na uit te sien,” het Irene afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button