‘n Plaaslike inwoner, Petro Stapelberg, is dringend op soek na ‘n oudkollega, Rita Albertse.
Die twee het in die tagtigerjare saam by die Johannesburgse Stadsraad gewerk. Manie Venter was destyds die Stadsklerk en Rita het onder die Adjunk Stadsklerk: Finansies, Pieter Matthee gewerk.
Die enigste ander besonderhede wat Petro kan onthou is dat Rita se dogter se naam Melinda is.
Enige iemand wat weet waar Rita haar tans bevind, of enige ander inligting oor haar het, kan vir Petro by 011 407 6371 (w) of by 011 678 7227 (h) skakel.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



