
Hoërskool Florida se jaarlikse Jeug oor Kultuur- (Jok-) fees het weereens vir tonne pret en plesier vir ‘n ieder en ‘n elk gesorg.

Tydens die weeklange fees was daar ‘n groot verskeidenheid aktiwiteite waaraan leerders, onderwysers en ouers kon deelneem. Daar was verskeie kompetisies soos Idols, Tongelos, blikkiesbou, Florries Got Talent en die Babbelfees, ‘n drama-aand en kunsuitstalling, die Jok-opskop, ‘n piekniek en fliek. Joshua na die Reën en Wolwe-Dans het ook opgetree.

Kyk hier na videos van Joshua na die Reën en Wolwe-Dans se optrede
https://www.facebook.com/HSFlorida/videos/1907895216177739/
https://www.facebook.com/HSFlorida/videos/1907811766186084/
Die leerders kon aan verskeie temapretdae deelneem, en die week is met ‘n koorfees afgesluit.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



