Florries ontvang donasie om skoolklere te koop
Maria van Riebeeck Klub help behoeftige leerders met skoolklere
Laerskool Florida het onlangs ‘n baie welkome donasie van die Maria van Riebeeck Klub se Help-die-Kind Fonds ontvang.
Dié donasie sal die skool in staat stel om skooldrag vir hul behoeftige leerders aan te koop.
Hester Hager, voorsitter van die Fonds, het so verduidelik, “Die Help-die-Kind Fonds is in 1940 gestig met die oog op liefdadigheidwerk en wel met die hoofdoel om kinders van skooldrag te voorsien. In die beginjare het lede van die klub self die skoolklere gemaak en skooltruie gebrei. Ter wille van eenvormigheid is later besluit om die skoolklere aan te koop.
Daar is deur die jare op donateurs en instansies vir fondse staatgemaak. Vanjaar het ons die voorreg gehad om tydens ‘n heerlike saamkuier-oggend ‘n donasie van R18 000 elk aan elf skole te gee.”
“Ons is baie dankbaar vir hierdie bydrae, dit sal ‘n groot verskil maak,” het Rikus Swanepoel, die waarnemende adjunkhoof van die skool afgesluit.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



