Editor's choiceSchool sportSport

Bastion se Trompoppie-klub soek jou!

Wees deel van dié sport se herlewing

 

“Ek wil die aktiwiteit weer aan die jong meisies voorstel en opbou tot wat dit voorheen was,” het Tracey Scheepers gesê.

Sy is een van die trompoppie-afrigters wat sedert Maart dié sport by Hoërskool Bastion aanbied, en het verduidelik, “Ek het agtergekom dat vandag se jongmense nie regtig weet wat trompoppies is nie, en geneig is om dit met rasieleiers te verwar.

Baie van die meisies wil nie by ons aansluit nie want hulle ma’s wil nie hê dat hulle met kort rompies en hempies voor mense optree nie. Dit is die persepsie wat ek graag wil verander.”

Bianca Mosquin en Charmaine van Rooyen. Foto: Adéle Bloem

Tracey het bygevoeg dat, alhoewel hulle Hoërskool Bastion se fasiliteite gebruik, dit nie ‘n skoolsport is nie. “Ons word as ‘n klub beskou wat ‘n buitemuurse aktiwiteit aanbied, en die skool gee ook erkenning aan die prestasies wat daarin behaal word. Dit sal as motivering vir die meisies se harde werk dien,” het Tracey gesê.

Sy het gesê dat trompoppies ook ander geleenthede aan deelnemers bied, soos om streeks-, provinsiale en nasionale kleure te verwerf.

Bianca Mosquin en Charmaine van Rooyen. Foto: Adéle Bloem

“Ons het met vier meisies begin en nou, amper vier maande later het ons getalle verdubbel. Ons is reeds hard aan die oefen vir ons eerste toernooi wat later vanjaar plaasvind. Ons wil graag alle meisies van Graad 8 tot 12 uitnooi om by ons aan te sluit. Ons oefen elke Dinsdag en Donderdag van 6nm tot 8nm,” het Tracey gesê.

Vir meer inligting, kontak Tracey by 074 891 5546 of Leigh Botha by 082 386 7785.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button