Florrie-netbalspelers eindig in Top 35
Hulle het aan die SA Netbalkampioenskappe deelgeneem
Twee van Hoërskool Florida se netbalspelers het aan die Suid-Afrikaanse Netbalkampioenskappe deelgeneem wat gedurende die afgelope skoolvakansie plaasgevind het.
Claudia Aggenbacht en Tarryn Cloete het hul baie goed van hul taak gewyt, en het onder die Top 35-netbalspelers in die land geëindig.
Morné Hanekom, die skool se skakel- en bemarkingsbeampte het gesê, “Baie geluk met julle uitstekende prestasies!”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



