Tweede operasie ook ‘n sukses vir Horison se Nathan
Sy eerste paar skoene is nog 'n stappie nader
“Dankie vir almal se gebede en ondersteuning, Nathan se operasie was suksesvol en die dokter is baie tevrede.
“Hy het meer as die helfte van die gewas wat nog oor was, uitgesny en die res van Nathan se toontjies geamputeer. Sy voet is in gips, maar daar is geen dreineerbuis nie. Dankie vir almal se gebede en ondersteuning,” het Selona van Aswegen, die tweejarige Nathan Ungerer se ouma gesê.
Lees die oorspronklike artikel hier: Ouma vra net normale lewe vir kleinseun
Nathan is net na geboorte met Milroy se Siekte gediagnoseer. Die toestand staan ook as limfedeem bekend. Dit is ‘n oorerflike siekte wat veroorsaak dat een ledemaat twee keer vinniger as die ander een groei. “Volgens die dokters swel die voet omdat limf uit die limfvate lek en dan in die limfselle en ruimte rondom die selle ophoop,” het Selona van Aswegen, Nathan se ouma verduidelik.
Hy het vroeg in Maart die eerste (van ‘n moontlike drie) operasies ondergaan, waartydens dokter James van der Merwe, ‘n plastiese chirurg, sowat 250g vet verwyder het asook sy groottoon geamputeer het.
Dié operasie was suksesvol, en Nathan se tweede operasie was vir vroeg Julie geskeduleer. “Oorspronklik sou die operasie op 2 Julie gedoen word, maar is weens omstandighede ‘n week uitgestel.”
Die gesin sal tydens Nathan se opvolgbesoek meer duidelikheid oor sy vordering en verdere behandeling kry.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



