
Ek het julle berig oor Pikitup gelees.
My probleem is dat ek al my koerante, papiere en tydskrifte, plastiek en leë melkdose en kartonne in verskillende sakke gegooi het maar die mense wat in asblikke krap gooi alles uit en vat dan net sekere goed en die plastieksakke. Die koerante wat in ‘n sak was, het los in die asblik gelê.
Gaan Pikitup dan vir ons sakke gee om dit apart te hou? Dit kos geld wat veral oumense nie kan bekostig nie.



