Editor's choiceLocal newsNews

Hulp vir mediese onkostes benodig

Die mediese fonds dek nie al die uitgawes nie

Klein Brodie Snyman, wat as serebraal gestrem gediagnoseer is, vaar goed en reageer al op sy ouers se stemme.

Brodie is 15 maande oud en volgens sy pa, Shaun, is die seuntjie meer gefokus. “Brodie kry permanent suurstof en hy word steeds deur ‘n voedingsbuis gevoer.”

Brodie het asemnood tydens geboorte opgedoen nadat sy ma, Louise se baarmoeder en plasenta aanmekaar gegroei het. Shaun het vertel dat Brodie se brein en skedel stadiger as ander babas s’n groei.

“Brodie moet gereeld fisioterapie kry. Hy kry tans Botox-inspuitings om sy speekselkliere te beheer om te keer dat hy verstik en versmoor.

Ons het vermoed dat hy skoliose het – ‘n verkromde ruggraat – maar dit is gelukkig volgens die dokters minimaal. Dis net ‘n klomp spiere wat in spasma is,” het hy verduidelik.

Lees die oorspronklike artikel hier: Hartseer tyd vir Snyman-gesin

Die gesin se mediese fonds dek nie al Brodie se uitgawes nie, daarom wil Shaun en Louise ‘n vakansie ter waarde van R15 000 opveil om geld in te samel sodat hulle die uitstaande rekeninge kan betaal. “Dit is vyfster-selfsorgverblyf vir ses mense by Pinacle Point Estate in Mosselbaai. Die 18-putjiegholfbaan word as die nommereen-gholfbaan in Suid-Afrika beskou. Ek en Louise sal dit eerder self wou gebruik, maar ons seun se welstand kom eerste,” het Shaun gesê.

Die ouerpaar hou ook ‘n fondsinsameling op 28 Julie by die Discovery Rolbalklub. Die kostes beloop R150 per persoon en vir kinders onder 12 is toegang R50. “Die kaartjie sluit ‘n ete, pryse, ‘n veiling, dans en ‘n optrede deur Erika Jesy-Lee C-storm in. Van die pryse sluit ‘n gratis fotosessie en danslesse in.”

Shaun het verduidelik dat al die wins vir Brodie se mediese rekeninge gebruik sal word. “Ons hoop om met die vakansie en die fondsinsameling minstens R80 000 in te samel. Dis hoeveel ons uitstaande dokters- en hospitaalrekeninge behels.”

Shaun het vroeër vanjaar uit nood uit sy werk bedank om voltyds na Brodie om te sien. Hy het ook sy eie besigheid, Shaun’s Custom Crafts begin. “Ons wil graag ‘n permanente fisioterapeut vir Brodie aanstel sodat ek voltyds op my besigheid kan fokus. Ek doen enigiets, behalwe elektriese werk.”

Die ouerpaar rig ook ‘n versoek aan die gemeenskap vir donasies om hul tweeling se skoolgelde te betaal. “Die tweetjies moet volgende jaar met Graad RR begin en ons wil hulle by Laerskool Helderkruin of Laerskool Florida inskryf. As iemand kan help, sal ons so dankbaar wees.”

Diegene wat wil help kan vir Shaun by 061 387 2301 skakel.

 

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button