Blink toekoms vir Havie-rugby
o.9A- en o.10B-span as ligawenners aangewys
Die o.9A- en o.10B-rugbyspan van Laerskool Dr Havinga het die rugbyseisoen op ‘n hoë noot afgesluit toe hulle as ligawenners aangewys is.
Die o.9A-span, wat deur Johann Waldeck en Johann Vermeulen afgerig is, het hul finale wedstryd teen Laerskool Rapportryer met 28–21 gewen.
Die o.10B-span, wat deur Renier du Preez en Morné Appelgryn afgerig is, het hul finale wedstryd, ook teen Laerskool Rapportryer, met 26– 9 gewen.
“Ons is ongelooflik trots op hierdie jong manne en is opgewonde oor die blink toekoms wat vir hulle voorlê,” het die afrigters gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



