Florries se eerstes is Super 12-wenners
Spelers en afrigters se harde werk is beloon.
Laerskool Florida se eersterugbyspan het hul seisoen op ‘n hoë noot afgesluit.
Hulle het aan die B-liga van die Super 12-reeks deelgeneem, en as wenners uit die stryd getree.
Hulle het teen Laerskool Saamtrek, Fontainebleau, JJ van der Merwe, Mooirivier, Menlo Park, Goedehoop, Tzaneen, Pietersburg-Suid, Van Riebeeckpark, Middelburg en Kollegepark deelgeneem.
“Ons is ongelooflik trots op hierdie span; hulle het hul werklik goed van hul taak gekwyt,” het Angelo Liut, een van die afrigters, gesê.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



