Editor's choiceNewsSchools

Roodies se harte klop warm met liefde

Leerders maak hul harte oop vir minderbevoorregtes

Nadat hulle koppe bymekaar gesit het, het die leiers besluit om twee liefdadigheidsprojekte aan te pak om die Cradle of Hope asook Tower of Life te help.

Een van Laerskool Roodekrans se waardes is ‘Ons gee om’, en die leerders het onlangs bewys datdit werklik die geval is.

“Die een projek was die bring-‘n-brood-inisiatief waarvoor hulle brode, grondboontjiebotter en konfyt vir Cradle of Hope ingesamel het. Die tweede projek – Gravy Drive – was vir Tower of Life, en die leerders het pakkies soppoeier ingesamel,” het Deon Rosseau, die skoolhoof gesê .

Die donasies is tydens saalopening aan Ronél Snyman van Cradle of Hope oorhandig. “Ons is so dankbaar vir hierdie skenkings. Dit sal ons geweldig baie help om in die behoeftes te voorsien van die sowat 80 kinders en ouers wat ons daaglik voed. Julle maak beslis ‘n groot verskil; baie, baie, dankie,” het sy emosioneel gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button