Tien Kruiners in Goue Leeus-span opgeneem
Rugbyspelers maak skool trots
Laerskool Helderkruin spog met 10 spelers en vyf personeellede wat, na afloop van die Goue Leeus-rugbyproewe, by die onderskeie spanne betrek is.
Damion Bruce, Jamal Feldman, Werner Durrheim, Romano Potgieter en Tiaan Goosen is in die o.12-span opgeneem. Zane Commerford, Jandré Labuschagné, Carl Whitehead, Justin Beukes en Ruan Nel is in die o.13-span opgeneem.

Corné Swanepoel, Gerhard Scholtz, Riaan van der Watt, Jacques Breet en Chris Schutte (wat ook die voorsitter van die Goue Leeus Laerskolerugby is), is by die onderskeie spanne se afrigting betrokke.
“Ons wens elke speler, asook personeellid, baie geluk met hierdie prestasie. Ons is ongelooflik trots op hulle,” het Hanli-Mari Olivier, die skool se skakelbeampte gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



