Hories vaar goed tydens wetenskapkompetisie
NW-leerders behaal tweede plek
Vier Graad 7-leerders van Laerskool Horison het aan die eerste rondte van die South African Agency for Science and Technology se Astronomy Quiz deelgeneem, en baie goed gevaar.
Lara Malherbe, Nelmarié von Moltke, Joshua Strydom en Ryno Beekman, die skool se top vier Natuurwetenskappe- (NW-) leerders vir die graad, het as ‘n span deelgeneem en ‘n tweede plek behaal.
Dié landswye kompetisie word jaarliks vir Graad 7 NW-leerders aangebied, en hulle kry die geleentheid om hulle kennis oor die planete en ruimte ten toon te stel.
Die vier het hulle baie goed van hul taak gekwyt en met hierdie prestasie vir deelname aan die Distrik-finale gekwalifiseer wat op 24 Mei plaasvind.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



