LettersOpinion

Wat is die doel van die munisipaliteit?

Gerhard Steynberg from Roodepoort skryf:

Ek het jou Teach your children well-artikel gelees, en stem volmondig met jou saam. Dit begin by opvoeding, maar jou artikel het my net weereens laat wonder wat die funksie van ‘n munisipaliteit is.

Daar is ander faktore wat ook baie kommerwekkend is. Ek verwys na jul artikel Roodepoort CBD is a dump waarin Amin Ebrahim kla oor die stand van sake in Roodepoort self. Maar doen jouself ‘n guns en ry ‘n bietjie deur woonbuurte soos Wilropark, Witpoortjie en Helderkruin, om maar net ‘n paar te noem. Die stand van ons sypaadjies is om die minste te sê belaglik. Dit lyk of Roodepoort ‘n failed city geword het. Kyk veral na die sypaadjie in Watsonstraat, Helderkruin.

Die slaggate onder die brug by Westgate is so sleg dat net viertrekvoertuie daar kan ry. Dieselfde geld vir die dienspad langs Ontdekkersweg tussen Moutonweg en Louisstraat. Maar al die woonbuurte lyk so. En dit word erger by die dag.

Is vuilisverwydering en die instandhouding van ons parke nie die munisipaliteit se verantwoordelikheid nie? Indien wel, skitter hulle in hulle afwesigheid, en ek weet die vraag is al baie gevra, maar waarvoor betaal ons eiendomsbelasting? En as ek korrek is, is Roodepoort nie veronderstel om onder DA-beheer te wees nie? Indien wel is hulle nog meer hopeloos as die ANC en sal hulle beslis nie my kruisie kry met die volgende verkiesing nie.

Dit is tyd dat ons munisipaliteit wakker skrik. In hierdie stadium beteken hulle absoluut niks vir die inwoners van Roodepoort nie. Ek kry die indruk dat hulle almal maar net sit en wag vir die volgende salaristjek.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button