FOTOS: Havies se wintersportdag lok groot getalle
Spelers geleentheid gebied om wedstryde te speel voor die ligas amptelik begin.
Laerskool Dr Havinga het onlangs hul jaarlikse wintersportdag met groot sukses aangebied.Groot getalle jong, belowende rugby- en netbalspelers het die geleentheid aangegryp om wedstryde te speel voor die ligas amptelik begin, en hulle is luidkeels deur ouers, grootouers en familielede aangemoedig.
“Die jaarlikse wintersportdag is iets waarna almal aan die begin van die nuwe kwartaal uitsien en met die goeie sportmangees en ontspanne atmosfeer waarin dit plaasvind, is dit definitief elke jaar ‘n hoogtepunt.
Havies sien uit na ‘n goeie wintersportseisoen,” het Lizelle Kies van Laerskool Dr Havinga gesê.









Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



