Kruiners ontvang besoek van Meerkat Maantuig-akteur
Nuwe Afrikaanse film by skool bemark
Die Graad 3- tot 6-leerders van Laerskool Helderkruin is onlangs met ‘n spesiale besoek bederf.
Hulle het die voorreg gehad om een van die akteurs – Themba Ntuli – van die splinternuwe Afrikaanse film Meerkat Maantuig te ontmoet. Hulle het ook na die lokprent van die film gekyk, waarna die regisseur, Hanneke Schutte vir hulle kortliks vertel het waaroor die film handel, en hoekom sy besluit het om die film te maak.

“Die storie handel oor ‘n jong meisie wat bang is vir alles, en in die film leer sy met die hulp van haar ouma, oupa en Bhubesi hoe om al hierdie vrese te oorwin.
Die storie het by my aanklank gevind, want ek was ook as jong meisie bang vir alles, daarom wou ek graag die boodskap uitdra dat as jy hoop het, jy jou vrese kan oorwin,” het sy gesê.

Die leerders het die besoek terdeë geniet, en die Graad 6-meisies het elkeen ‘n spesiale geskenk ontvang.
Die film het op 16 Maart by Ster Kinekor-teaters begin draai.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



