Florrie-skuts skiet in die kol
Skuts het akkuraat gekorrel by kampioenskappe
Die Hoërskool Florida-skuts het akkuraat gekorrel by die afgelope Limpopo Kampioenskappe.
In die o.21-kategorie het Daniël Klopper ‘n algehele sewende plek, Shalize Jansen ‘n algehele vierde plek en Jean Kilian ‘n algehele tweede plek behaal.

In die o.16-kategorie het Errol van Rensburg ‘n algehele 34ste plek, Marizaan Weber ‘n algehele 12de plek en Nadine Nel ‘n algehele tweede plek behaal. Marizaan en Nadine was na afloop van die kompetisie onderskeidelik sesde en eerste in Gauteng.

Donné Elliot het in die o.14-kategorie deelgeneem, en ‘n algehele 17de plek behaal.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



