Editor's choiceNewsSchools

Kruiners gaan op ‘n leesavontuur

Die onderwysers en leerders van Laerskool Helderkruin was onlangs bevoorreg om na die bekende kinderverhaalskrywer, Fanie Viljoen te luister.

Hanli-Mari Olivier, die skool se skakelbeampte het gesê, “Fanie het by die skool kom kuier. Hy het vertel dat hy as Graad 1-leerder ernstig siek in die hospitaal was en lank nie kon skool toe gaan nie. Hy was bang dat hy nooit sou leer lees nie maar sy Graad 1-juffrou het vir hom ekstra klasse aangebied, en so het hy ‘n geweldige liefde vir lees ontwikkel.”

Sy het bygevoeg dat hy die deur na sy boeke vir die leerders oopgemaak het om hulle te probeer opgewonde maak en geïnteresseerd te kry. “Fanie se boeke sal aanklank vind by seuns en dogters, want hy skryf oor monsters, rugby, trompoppies, ballet, dans en kinders wat deurskynend kan word. Dit was regtig ‘n plesier om na hom te luister en ‘n kykie in sy boeke te kry,” het Hanli-Mari gesê.

Na die praatjie kon die leerders boeke by die boekuitverkoping koop wat deur Lapa Uitgewers gereël is.

Sy het met die volgende woorde afgesluit, “Baie dankie aan Lapa Uitgewers vir hierdie wonderlike geleentheid om aan die leerders te wys dat lees werklik wêrelde open en jou op reis neem na plekke waarheen jy dalk nooit sou gaan nie”.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button