Vier Hories in Gauteng-span
Atlete skitter tydens Gauteng Kampioenskappe
Twaalf atlete van Laerskool Horison het vir deelname aan die Gauteng-kampioenskappe gekwalifiseer, waar hulle met vyf medaljes weggestap het.
Na afloop van die byeenkoms is Henricus Meyer (gewigstoot en spiesgooi), Tristan Paterson (1 500m stap), Johané Lamprecht (verspring) en Ryno Beekman (1 500m stap) tot die Gauteng-span verkies.
Dié span gaan aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Paarl deelneem.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



