Bastion netbalspers mik vir Mauritius
Vyf van Hoërskool Bastion se netbalspelers het onlangs die geleentheid gekry om aan die Best of the West-netbaltoernooi in Mauritius deel te neem.
Elmarie van der Vyfer, die skool se netbalorganiseerder het opgewonde vertel, “Ons o.14-, o.15- en o.16-spanne het aan die Best of the West Festival, wat by Krugerdorp High School aangebied was, deel geneem, en baie goed gevaar. Elke span het ses wedstryde gespeel, waarvan hulle net een verloor het. Dit is ‘n baie goeie prestasie, want die kompetisie was baie straf.”
Die skole wat aan die toernooi deelgeneem het, het van regoor die Wes-Rand gekom. Ongeveer 17 spanne het hul vaardighede ten toon gestel. “Daar was ook keurders wat na die wedstryde kom kyk het, en spelers geïdentifiseer het om deel van die span wat na Mauritius toe sal toer, te wees. Die toer word deur Visionsport gereël,” het Elmarie gesê.
Na afloop van die toernooi is Sanry Warrington, Marilee le Grange, Mariné Lamprecht, Chezaan Gericke en Carmen Nel gekies om deel van die span te wees. Elmarie het gesê, “Ons is ongelooflik trots op hierdie spelers met hulle prestasie.”
Die spelers het gesê dat hulle baie opgewonde is oor die vooruitsig om as deel van hierdie span aan die toernooi, wat later vanjaar plaasvind, te toer, aangesien die kostes R27 000 per persoon beloop.
“Dit is ‘n eenmaal in ‘n leeftyd geleentheid vir hierdie meisies, want die blootstelling en ervaring wat hulle gedurende hierdie toernooi gaan opdoen, sal van onskatbare waarde wees.
Hulle gaan ook wêreldklas afrigting ontvang, aangesien die span se afrigter oud-Springbokspeler, Dorette Badenhorst is,” het Elmarie afgesluit.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



