Florries se Caitlin nou ‘n Junior Protea
Sy is deel van die span wat aan die Wêreldbeker gaan deelneem
Caitlin Oelofse, ‘n Graad 11-leerder van Hoërskool Florida het onlangs aan die Noordwes Ope van die South African Air Rifle Association (Saara) deelgeneem en baie goed presteer.
Die kompetisie het in Klerksdorp plaasgevind, en die skuts het die geleentheid gekry om op Saara se nuwe elektronies teikens te skiet. Dit was ook die eerste Saara Ope waar die vroueskuts 60 skote in die 10M Olimpiese afdeling geskiet het.
Caitlin het ‘n silwermedalje in die 3P vir o.20’s en ‘n bronsmedalje in die 10M Olimpiese afdeling vir vroue o.20 verwerf. Sy is ook tot die Junior Protea-span verkies, wat in Junie aan die International Sport Shooting Federation (ISSF) Junior Wêreldbeker in Suhl, Duitsland, gaan deelneem.
Caitlin het vir haar Junior Protea-kleure – wat aan Sascoc-goedkeuring onderhewig is – gekwalifiseer.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



