Florries se toekomstige tennis-sterre
Broers skitter op die tennisbaan
Twee leerders van Hoërskool Florida het onlangs aan die uitspeelwedstryde vir plek in die Western Tennis District-spanne deelgeneem.
Wynand Conradie, ‘n Graad 10-leerder, is in die o.16A-span opgeneem en sy broer Cobus, ‘n Graad 8-leerder, het plek in die o.14B-span gekry.
Hierdie spanne neem gedurende die jaar aan toernooie deel waar hulle met spanne van Gauteng-Oos, Gauteng-Noord, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga sal meeding.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



