Florries wen weer die geesbeker
Hoërskool Florida as die skool met die beste gees aangewys
Hoërskool Florida is as die skool met die beste gees aangewys tydens die afgelope Prestige-atletiekbyeenkoms wat by UJ plaasgevind het.
Die ander hoërskole wat deelgeneem het is Menlopark, Waterkloof, Noordheuwel, Kempton Park en Linden, asook die Hoër Tegniese Skool Middelburg.

Die dirigente en betrokke personeel het baie trots die geesbeker ontvang en die Florries vir hul entoesiasme en ongelooflike gees bedank.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



