Kom hou saam met Ons Huis kermis
'Hierdie is ons grootste fondsinsamelingsprojek vir die jaar'
“Hierdie is ons grootste fondsinsamelingsprojek vir die jaar, en ons sien uit na die gemeenskap se ondersteuning,” het Marita van den Berg gesê.
Sy is die bestuurder by Residentia Ons Huis Tehuis vir Bejaardes in Florida, en is baie opgewonde oor hul jaarlikse kermis wat op 3 Maart plaasvind. “Ons kermis is ‘n baie populêre gebeurtenis, en hierdie jaar gaan geen uitsondering wees nie. Ons gaan baie stalletjies met heerlike kos en handgemaakte produkte hê, en daar beloof om iets vir elkeen te wees,” het sy gesê.
Sy het bygevoeg dat hulle ook ‘n witolifanttafel gaan hê, waarvoor hulle items benodig. “Geen kermis sal volmaak wees sonder ‘n witolifanttafel nie, en enige ornamente en glasware wat nie meer gebruik word nie, sal verwelkom word,” het Marita gesê.
Die getal beskikbare stalletjies is beperk, en sou jy ‘n stalletjie wou bespreek vir die dag moet jy gou spring. “Om ‘n stalletjie te bespreek sal jou slegs R150 kos as jy jou eie tafel voorsien. As ons die tafel en stoel voorsien, sal dit R200 wees,” het sy gesê.
Vir meer inligting of om ‘n stalletjie te bespreek, kontak Ronél by 011 672 5018.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



