NewsSchools

Bastion se jukskeispelers vereer

Bastion spog met twee Springbok-spelers

 

Hoërskool Bastion spog met twee Springbok-jukskeispelers na die afgelope Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat in Kroonstad plaasgevind het.

Devan van der Velde het vir die derde agtereenvolgende jaar vir die Suid-Afrikaanse span gekwalifiseer en het in die 0.16-span van onderskeidelik Gauteng en SA, asook in die o.19 SA-span deelgeneem.

Dilan Bouwer is in die Suid-Afrikaanse o.16 Akademiespan opgeneem.

Hul afrigter, Ela Grobler, het van oor tot oor geglimlag en oorgeloop van trots vir hierdie twee spelers se prestasies. “Ek is ongelooflik trots op hierdie twee manne. Hulle het baie hard gewerk, en is daarvoor beloon,” het sy gesê.

Hul volgende toernooi vind in Maart plaas.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button