Motivering vir Florrie-leerders
Rodney Seal het sy wysheid met leerders tydens saalopening gedeel
Leerders en personeel van Hoërskool Florida het onlangs die voorreg gehad om tydens saalopening na die wyshede van dokter Rodney Seal te luister.
Hy het die geleentheid gebruik om nie net sy lewensfilosofie oor tieners te deel nie, maar ook om elke seun en dogter aan te moedig om elke dag met ‘n verwagting, droom en positiwiteit aan te pak en in hulself te glo. “Julle moet jul medemens en personeel respekteer en nie bang wees om op te staan vir dit wat reg is nie,” het hy bygevoeg.
Rodney was vergesel deur Pi Pretorius, wat baie nou by Bethany House en Angel’s Place betrokke is. Die organisasies bied bystand aan kinders en jongmense in nood.
“Dit was wonderlik om manne van hulle statuur in ons midde te verwelkom,” het Julius Katzke, die skoolhoof gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



