Local newsNews

IN FOTOS: ‘Totsiens, engelkind.’

Familie en vriende se laaste huldeblyk aan Zanerique

Dit was ‘n hartseer dag vir die vriende en familie van die agtjarige Zanerique Toerien toe hulle by die Veranderde Lewens Kerk in Discovery van haar afskeid geneem het.

Haar begrafnis het vanoggend (24 November) plaasgevind, en die emosies onder die begrafnisgangers het hoog geloop. “Dit is vir ons ‘n baie hartseer dag, want dit is nie normaal vir ‘n ouer of grootouer om by hul kind of kleinkind se begrafnis te wees nie. Maar, ons weet dat Zanerique nou op ‘n beter plek is,” het dominee Pieter-Nel Klopper gesê.

Sien Video Hier:

Die diens was ‘n viering van Zanerique se kort lewe op aarde, en haar ma, Tersia Toerien, het gesê, “Al is dit vir ons bitter seer, is ons ook bly, want ons weet dat sy nou in die hemel is”.

 

Tersia en Zhaney Toerien en Zanerique se ouma tydens die begrafnisdiens. Foto’s: Adéle Bloem
Tersia Toerien groet haar dogter vir die laaste keer.
Zanerique se huldeblyk.
Zanerique se tydelike rusplek.
Die draers bring die kis by die kerk in.
“Ek gaan jou baie mis, sussie.” ‘n Bewoë Zhaney Toerien.
Voor in die kerk was ‘n huldeblyk aan ‘n engel-kind.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button