Florries se revue weereens ‘n groot sukses
Tema is spesiaal gekies om die skoolhoof te groet.
Die revue, wat elke tweede jaar deur die skool aangebied word, se tema was vanjaar Auf Wiedersehen, Totsiens, Mooiloop. Die hele skool het deelgeneem.

Die tema is spesifiek so gekies om die skoolhoof, Francois du Toit te groet. Francois tree na 25 jaar van diens by die skool af.

“Dit was ‘n skouspelagtige revue waaraan elke leerder ‘n aandeel gehad het. Baie dankie ook aan elke personeellid vir die talle ure se harde werk,” het Corné Mouton, die organiseerder, gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



