Editor's choiceLocal newsNews

Florries Kersmark het iets vir almal

Mark reeds drie keer aangebied.

Die Hoërskool Florida se Kersmark, wat vanjaar vir die derde agtereenvolgende jaar aangebied is, was weereens ‘n geleentheid wat mens nie moes misloop nie.

“Drie jaar gelede het ons die droom om ‘n mark met bekostigbare, unieke, handgemaakte produkte by Hoërskool Florida aan te bied, begin bewaarheid,” het Florries se woordvoerder, Morné Hanekom verduidelik.

Aliesha en Alyssa Theron.

“Danksy al die skool se personeellede wat so hard gewerk het, was die mark so ‘n groot sukses dat dit ‘n permanente plek op die skool se kalender gekry het. Saterdag 4 November se mark het beslis nie die honderde markgangers teleurgestel nie,” het Morné gesê.

“Daar was ongeveer 45 stalletjies sodat jy vir elke lid van jou familie ‘n spesiale kersgeskenk kon koop. Die kinders het die dag vir seker die meeste geniet. Daar was yslike groot spookasems wat soms groter as die kleinding self was. Ma’s kon rustig die mark verken, terwyl die kinders op die springkasteel baljaar het en die pa’s lekker kon sit en aan die heerlike kos smul.

Luke Bernardo.

“As jy die Kersmark misgeloop het, moet jy dit volgende jaar beslis bywoon,” het Morné benadruk.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button