Florrie-netbalspan sluit seisoen op hoë noot af
Hulle het 12de in die provinsie geëindig
Die eerstenetbalspan van Laerskool Florida het ‘n goeie seisoen agter die rug.
Die span het die uitspeelwedstryde gewen, en sodoende vir die Gauteng-kampioenskappe gekwalifiseer. Daar het hulle ‘n 12de plek behaal wat volgens hul afrigter, Janine Birkenstock, ‘n baie goeie prestasie is. “Omdat ons eintlik ‘n B-ligaskool is, was dit ‘n baie goeie prestasie vir ons, aangesien ons ook teen A-ligaskole gespeel het,” het sy gesê.
Een van die spelers, Raquel Njela, is vir die Gautengse o.13-span gekies.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



