Florrie se Caitlin skiet weereens in die kol
Skut verwerf dubbele nasionale kleure
Een van Hoërskool Florida se skuts het uitstekende prestasies tydens die afgelope Suid-Afrikaanse kampioenskappe behaal.
Caitlin Oelofse, ‘n Graad 10-leerder het gedurende die Oktober-vakansie aan die Suid-Afrikaanse Skole Skutters Unie (SANSSU) asook South African Air Rifle Federation (SAARA) se SA-kampioenskappe deelgeneem.
• By die SANSSU SA’s in Newcastle het Caitlin as algehele wenner in die o.16-presisieklas met vier gouemedaljes weggestap. Sy het ook twee 3P 100-volkaarte in die lê- en knielposisie geskiet. Sy verwerf ook haar nasionale kleure.
• By die SAARA-kampioenskappe in Douglas in die Noord-Kaap het Caitlin haar Nasionale Assosiasie- (SAARA-) kleure vir deelname aan die Presisieklas verwerf. Sy het ook vyf medaljes (een goud en twee brons vir individueel, en twee goud in spanverband) verower en ‘n 100-volkaart in die 3P lê-posisie geskiet.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



