Florrie-rugbyspeler genooi na SA 7’s-kamp
Tino is op pad Kaapstad toe
Tino Swanepoel, ‘n Graad 10-leerder van Hoërskool Florida het weereens baie goeie rugbyprestasies behaal.
Hy is deel van die Suid-Afrikaanse Skole-sewesspan wat van 22 tot 29 Oktober aan ‘n oefenkamp in Kaapstad gaan deelneem. Tino was ook lid van die o.18 Goue Leeus Cravenweek-span wat as wenners van dié toernooi, wat vroeër vanjaar by die St Stithians College in Johannesburg plaasgevind het, aangewys is.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



