Editor's choiceLocal newsNewsUpdate

‘n Trustfonds nodig om seuntjie te help

Dis maar 'n proses wat ons moet deurgaan. Ons vrees heeltyd dat Brodie sal doodgaan

Klein Brodie Snyman is op die ouderdom van ses maande reeds ‘n gereelde hospitaalbesoeker.

Brodie het ‘n tekort aan suurstof tydens sy geboorte gehad, wat veroorsaak het dat hy serebraal gestrem is. Hy is onlangs met sekondêre asma gediagnoseer. Hy moet elke dag kortisoon ontvang om sy longetjies skoon te hou omdat hulle baie vatbaar vir infeksies en bakterieë is. Volgens sy pa, Shaun ontvang sy baba reeds fisio-, neurofisio-, spraak- en arbeidsterapie. Tydens die Record se besoek aan die Snyman-gesin was Brodie wakker en mens kon duidelik sy hortende asemhaling hoor.

“Ons slaap nie behoorlik nie want ek staan gereeld op om te kyk of hy nog okay is,” het sy ma, Louise Steyn gesê.

Brodie Snyman. Fotos: Roelien Vorster.

Hoewel daar verskeie opsies is om Brodie se ontwikkeling aan te help, het sy ouers besluit om die natuurlike roete te volg. “Verteenwoordigers van die Family Hope Centre kom elke ses maande Suid-Afrika toe. Hulle bied ‘n driedag-konferensie aan wat jou leer hoe om met kinders te werk wat breinskade opgedoen het. Hulle leer jou van die oorsaak van breinskade en die tipe oefening wat die kinders moet kry,” het Louise verduidelik.

Lees meer oor Brodie hier: Hartseer tyd vir Snyman-gesin

Sy het vertel dat die kinders na die konferensie geassesseer word. “Op grond van die uitslag word ‘n program aan jou gegee wat jy met die kind moet volg. Die sentrum bly voortdurend in kontak met ons.”

Volgens Shaun het gevallestudies getoon dat daar na net vier maande ‘n groot verandering by die kinders is. “Die natuurlike roete verbeter die breinfunksie omdat die kinders meer suurstof kry. Die konferensie kos egter $1 300 per persoon en $1 000 vir die assessering.” Shaun en Louise bly tans by Shaun se ouers. Shaun se pa Hennie het derdegraadse kanker en kan dus nie die paartjie bystaan nie. Sy ma het nierversaking en dit plaas erge spanning op die gesin. Louise werk ook, wat beteken dat hulle ‘n versorger nodig het om na Brodie om te sien. “Ons neem dit dag vir dag; ek kan nie vooruit beplan nie,” het Louise gesê. “Ons huil ons elke aand aan die slaap. Dis maar ‘n proses wat ons moet deurgaan. Ons vrees heeltyd dat Brodie sal doodgaan.” Die paar is in die proses om ‘n niewinsgewende organisasie en ‘n trustfonds vir Brodie te skep.

“Ons gaan trustees aanstel. Ons het minstens R100 000 nodig om te sorg dat Brodie by die Family Care Centre opgeneem word,” het Shaun gesê.

Indien daar iemand is wat ‘n bydrae kan gee, kontak vir Shaun by 062 423 5590.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button