Editor's choiceLocal newsNews

Groot eer vir jong fluitspeler

Anthea is vir deelname aan die Nasionale Jeugmusiekkompetisie gekeur

Die 33ste Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMS) vind vanaf 10 tot 14 Oktober by die Hugo Lambrechts Ouditorium in Kaapstad plaas.

Altesaam 21 jong klassieke musici, tussen die ouderdom van 14 en 19, is gekeur om aan hierdie gesogte kompetisie deel te neem. Deelnemers is gekies nadat oudisies regoor die land gehou is, en een van hierdie deelnemers is ‘n Roodepoort-inwoner.

Althea Steynberg is ‘n 18-jarig matriekleerder wat in Kloofendal woon. Sy is baie opgewonde om aan hierdie gesogte kompetisie te kan deelneem. Sy gaan daar werke van Ludwig von Beethoven, CPE Bach, C Gounod, Mercadante, A Johnson, JS Bach, Doppler, E Burton en C Chaminade op haar fluit uitvoer.

Volgens Michael Maas, die stigter en voorsitter van NJMS, is dit al klaar ‘n groot prestasie om net vir die kompetisie te kwalifiseer. “Dié kompetisie is nogal uitmergelend. Dit is nie net ‘n kwessie van een nommer inoefen en dan is dit verby nie. Dit verg deursettingsvermoë en stamina om oor vier rondtes mee te ding,” het hy gesê.

Dié kompetisie bestaan uit vier rondtes. Al die deelnemers neem aan die eerste twee rondtes deel, waarna ‘n maksimum van 12 spelers na die derde rondte toe deurdring. Vanuit hierdie deelnemers word ses finaliste gekies om tydens ‘n galakonsert met mekaar mee te ding onder die begeleiding van die Kaapstadse Filharmonies Orkes (KFO) met die orkes se residentdirigent, Brandon Phillips op die podium.

Deelnemers ding in een van vier kategorieë mee, naamlik vir klavier, stryk-, blaas- en ander instrumente (slagwerk, harp, marimba, ensovoorts). Vanjaar se kompetisie het vier inskrywings vir blaasinstrumente, ses vir strykinstrumente, 10 pianiste en een slagwerker.

Althea sal saam met die ander deelnemers vir baie groot pryse meeding. “Bo en behalwe die meer as R145 000-prysgeld, goue-, silwer- en bronsmedaljes, sal die algehele wenner ook genooi word om in die uitvoerings by Overstrand Kunste in Hermanus, sowel as die Darling Musiekervaring op te tree. Wes-Kaapse finaliste sal deur die Hugo Lambrechts Trust genooi word om in ‘n konsert by die Hugo Lambrechts Ouditorium te speel,” het Michael Maas, die stigter en voorsitter van NJMS gesê.

“Die NJMS is die enigste musiekkompetisie in die land waar ses finaliste die voorreg geniet om saam met die KFO op te tree.

Dit is ook die derde grootste musiekkompetisie vir klassieke musici in Suid-Afrika. Vanjaar se algehele wenner sal wegstap met prysgeld van R30 000, asook die kompetisie se enigste gouemedalje,” het hy afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button