Een van Laerskool Dr Havinga se Graad 7-leerders het uitstekend op die rugbyveld presteer.
Heinrich Jacobs was vroeër vanjaar lid van die Goue Leeus se A-vyftiental wat aan die Cravenweek in Bloemfontein deelgeneem het.
Daarna het hy proewe vir die sewesspan gespeel en is in die oefengroep ingesluit waaruit ‘n A-, B- en C-span gekies is. Heinrich het die A-span gehaal.
Dié span het aan verskeie toernooie deelgeneem. Tydens die Valke-toernooi het hulle ongeveer agt wedstryde gespeel. Heinrich is nie net as Speler van die Wedstryd aangewys nie, maar ook as Speler van die Toernooi (saam met een van die Blou Bul-spelers).
Tydens die Goue Leeus-toernooi by Krugersdorp High School was die Leeus die algehele wenners.
Na hierdie toernooi is daar weer ‘n groep spelers gekies om aan die nasionale toernooi deel te neem wat van 28 tot 30 September in Bloemfontein plaasvind. Hierdie groep het ook in twee voorwedstryde op Emirates Airline Park in Johannesburg gespeel vir die Curriebeker-wedstryd tussen die Goue Leeus en die Blou Bulle.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



