Die leerders van Laerskool Horison het onlangs die voorreg gehad om meer te leer oor boelies en hoe om hulle te hanteer.
Die skool het besoek ontvang van die burgerregte-organisasie AfriForum as deel van hulle teenboelieveldtog. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en bestaan uit inligtingsessies wat aan leerders, onderwysers en ouers gebied word.

Leandie Lombaard, ‘n navorser by die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) het tydens saalopening die leerders se onverdeelde aandag gehad met haar aanbieding oor die Wapenrusting van God, hoe om boelies uit te ken asook wat om te doen indien jy geboelie word.
“Dit is vir die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) en die trauma-eenheid belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan,” het sy gesê.
Die hoof van Laerskool Horison, mnr GF van der Walt het gesê dat dié projek hulle baie na aan die hart. “As ’n waardegedrewe Afrikaanse skool streef ons by Laerskool Horison na uitnemendheid in onderrig en opvoeding. Daarom is hierdie projek vir ons baie waardevol,” het hy gesê
Indien jou kind se skool by hierdie veldtog betrokke wil raak kan hulle ‘n epos na boelie@afriforum.co.za stuur.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



