Wiskunde-blitsbrein presteer
Sy verower tweede plek in Gauteng vir Wiskunde
‘n Graad 7-leerder van Laerskool Roodekrans het uitgeblink tydens die onlangse Wiskunde-olimpiade wat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aangebied het.
Lizelle Gordon het ‘n tweede plek verower. “Hierdie prestasie plaas haar onder die Top 10 Graad 7-wiskundeleerders in Suid-Afrika,” het Theolene Pienaar, die skool se skakelbeampte gesê.
Sy is ook een van slegs ses leerders – wat Marko Cronjé en Marianka van den Berg insluit – wat ‘n toekenning vir Wiskunde en Wetenskap ontvang het. “Hulle was deel van die Top 30-leerders in hierdie vakke in Gauteng. Ons is werklik trots op hierdie leerders se uitmuntende prestasies,” het sy afgesluit.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



