Havies demonstreer liefde vir lees
Leerders het aan ‘n lees-optog deelgeneem
Die leerders van Laerskool Dr Havinga het hul liefde vir lees tydens die Read to Lead-veldtog van die Minister van Onderwys gedemonstreer.

Die veldtog is met ‘n leesoptog gevier, en elke Havie kon ‘n plakkaat maak en aan die optog deelneem.“Elke leerder het ‘n plakkaat met ‘n oulike sêding oor lees daarop gedra. Die leerders het dit self ontwerp,” het ‘n trotse Lizelle Kies, ‘n onderwyser by die skool gesê.

Sy het bygevoeg dat daar nog twee pretaktiwiteite vir die leerders beplan word, wat oor die volgende twee weke sal plaasvind.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



