Twaalf van Hoërskool Bastion se rugbyspelers is tot die o.15- en o.17-skolereeksspanne (voorheen Coke-spanne) verkies.
Juan Ackerman, Johan du Toit, Zandré du Toit, Duan Greyling, Braam Raath, Alex Roberts en Robbie Snyman is vir die o.15-span gekies, terwyl Bradley Davel, Riaan de Jager, Brandon Erasmus, Tiaan Naudé en Jandré Venter vir die o.17-span sal uitdraf.

Wesley Pretorius, die skool se sportorganiseerder, is as een van die o.17-span se afrigters aangewys en het gesê dat die skool baie trots op die groep seuns se prestasies is. “Hierdie reeks was ‘n nuwe uitdaging vir die seuns, en dit was lekker om te sien hoe hulle dit hanteer het. Om soveel van ons seuns in hierdie spanne te sien, bewys net dat ons en hul harde werk beloon word,” het hy gesê.
Die seuns gaan op 9 September teen ‘n verteenwoordigende span van KwaZulu-Natal in aksie wees.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



