Bastion se mooistes gekroon
Mnr en Mej Bastion tydens spoggeleentheid gekroon
Hoërskool Bastion het onlangs hul mooistes tydens hul jaarlikse Mnr en Mej Bastion-kompetisie gekroon. Die glansgeleentheid is by Mount Usambara gehou.

Elke deelnemer het die tema van die aand – Indië – pragtig uitgebeeld, en die beoordelaars moes behoorlik kop krap om die wenners te kies. Die volgende leerders as uiteindelik as die wenners in hulle onderskeie kategorieë aangewys:

• Mnr en Mej Persoonlikheid is Etienne le Grange en Kayla Watson.
• Mnr en Mej Fotogenies is Etienne le Grange en Twané Roux.
• Neo van der Plank is Mnr Bastion Junior. Die eerste en tweede prinse is Brian Janse van Rensburg en Quinton Labuschagné.
• Zanelle Mckittrick is Mej Bastion Junior. Die eerste en tweede prinsesse is Bronwyn Labuschagné en Ashley Shaw.
• Riaan de Jager is Mnr Bastion Senior. Die eerste en tweede prinse is Bradley Davel en Kevin Grimbeeck.
• Zanri Stapelberg is Mej Bastion Senior. Die eerste en tweede prinsesse is Annalize Roodt en Chanél van Heerden.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



