Hokkiespelers blink uit
Suid-Gauteng-spelers behaal goeie prestasies
Laerskool Roodekrans se hokkiespelers het tydens die afgelope skoolvakansie baie hard gewerk.Vier leerders – Marizanne Jonker, Amy Pretorius, Kijanke Jansen van Vuuren en Arno Cilliers – het aan verskeie interprovinsiale toernooie deelgeneem, en baie goed gevaar.
• Marizanne het in Potchefstroom as lid van die Suid-Gauteng-hokkiespan deelgeneem en haar span het ‘n algehele derde plek behaal.
• Amy en Kijanke het aan die D12 U/13 Northern Regional Hockey Tournament in Witbank deelgeneem. Hulle was deel van die South Gauteng Flames Girls en het sesde geëindig. Kijanke was die kaptein en Amy die onderkaptein.
• Arno het ook aan die D12 U/13 Northern Regional Hockey Tournament in Witbank deelgeneem. Hy was deel van die South Gauteng Flames Boys wat ‘n sesde plek behaal het.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



