Ruhan Terblanché, ‘n leerder van Laerskool Roodekrans, het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Ope Judokampioenskappe deelgeneem.
Hy het twee bronsmedaljes vir kata gewen, asook twee silwermedaljes – een vir individuele gevegte en een vir spangevegte.
Ruhan het ook onlangs aan die Gauteng Open Regional Ranking-byeenkoms deelgeneem waar hy ‘n gouemedalje vir geveg in sy ouderdomsgroep verwerf het.
Daar is drie Regional Ranking-byeenkomste gedurende die jaar, en Ruhan het by al drie goud verower, wat hom die nommer een-plek op die ranglys in sy ouderdoms- en gewigsgroep besorg het.
Hy het ook vir Gauteng-kleure gekwalifiseer.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



