Kruiners spog met Goue Leeus-spelers
Drie spelers in provinsiale sewesspan opgeneem
Laerskool Helderkruin spog met drie rugbyspelers wat in die Goue Leeus se sewesspan opgeneem is.
Dié spelers is Joshua Dullisear, Brenton Branco en Brenden Venter. “Ons is baie trots op hierdie seuns; dit is voorwaar ‘n baie besondere prestasie,” het Gerhard Scholtz, wat by die afrigting van hierdie span betrokke is, gesê.
Die span gaan op 2 September aan die Valke Bondedag deelneem wat by Hoërskool E G Jansen plaasvind. Hulle gaan ook aan die einde van September aan ‘n nasionale toernooi in Bloemfontein deelneem waarvoor hulle hard oefen.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



