Florries wen Clover-reeks
Hoërskool Florida se rugbyspelers skitter
Hoërskool Florida se rugbyafrigters het na die onlangse Clover-reeks rede gehad om met groot glimlagte en breëbors rond te loop.
Twee van die skool se rugbyspanne, die 0.17’s en die o.15’s, het baie goed in dié reeks gevaar.

Die o.17-span is as die reekswenners aangewys nadat hulle die span van Hoërskool Bastion in die eindstryd met 26–23 geklop het. Die o.15-span het die reeks onoorwonne afgesluit.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



