Laerskool Roodekrans is baie trots op hul twee Gauteng-netbalspelers wat onlangs aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem het.
Amy Pretorius en Bianca Marx het hulle baie goed van hul taak gekwyt, en die onderskeie Gauteng-spanne waarvan hulle lede was, het baie goed gevaar.
“Nogmaals baie geluk aan hierdie twee spelers wat as ambassadeurs vir ons skool opgetree het. Ons is voorwaar trots op julle!” het Theolene Pienaar, skakelbeampte van die skool gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



