Driekampglorie vir Bastion-onnie
Onderwyser voltooi driekamp en verower medalje
Een van Hoërskool Bastion se onderwysers het onlangs haar staal tydens ‘n driekampkompetisie gewys.
Karin van Greuning (bergfietsorganiseerder en onderwyser) en haar man, Eddie van Greuning, het die Keyhealth Driekamp wat by Rietvleidam plaasgevind het in net meer as vier uur voltooi, en elkeen ‘n medalje verower.
Die driekamp het uit die volgende items bestaan:
• Agt kilometer roei
• 20 kilometer bergfiets
• Vyf kilometer landloop
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



