Editor's choiceSchool sportSport

Bastion se eerste kriekettoernooi suksesvol

Spelers geniet eerste kriekettoernooi

Krieketspelers van Hoërskool Bastion het baie pret tydens hul eerste kriekettoernooi gehad wat tydens die Julie-skoolvakansie plaasgevind het.

Die toernooi het oor twee dae gestrek, en elke speler het agt wedstryde gespeel. Na afloop van die toernooi is daar toekennings gedoen en die volgende spelers het erkenning vir hul uitblinkerspel gekry:

• Damian Botha (beste veldwerker)

• Vendré Fourie (beste kolwer met 306 lopies)

• Christo Stoop (beste bouler met 11 paaltjies)

“Ek dink hierdie toernooi was ‘n reuse sukses en ons almal het dit baie geniet.

Ons glo dat die sukses van hierdie toernooi dit vir ons moontlik sal maak om nog een tydens die September-vakansie aan te bied,” het Jean Fourie, die skool se krieketorganiseerder gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button