Die tonge is los by Jok-fees
"Daar word soveel moeite met die reëlings gedoen en dis duidelik dat die leerders hulle gate uit geniet."
Wat kry jy as jy cowboys, weermagmanne, zombies en narre in een vertrek loslaat?
Vra vir die leerders van Hoërskool Florida wat een van die lekkerste aande nog tydens hul jaarlikse Jok-fees (Jeug oor Kultuur) geniet het.

Maar om in groepe te sit en verskillende kostuums te dra was nie al wat die aand ‘n sukses gemaak het nie. Die leerders moes ook aan die Tongelos-kompetisie deelneem.
Dit het gesorg vir ‘n klomp jillende tieners wat hul bes probeer het om die name van verskillende flieks, bekende sepietemamusiek en liedjies te identifiseer.

Skoolhoof Julius Katzke het gesê dis sy eerste Jok-fees – hy het vroeër vanjaar die pos as skoolhoof aanvaar – en hy is duidelik ingenome met fees. “Daar word soveel moeite met die reëlings gedoen en dis duidelik dat die leerders hulle gate uit geniet.”

Vir meer fotos, kliek hier.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



